Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 5 July 2022

Planne vir Botaniese tuin in Bela-Bela skiet nuwe wortels


Andries van der Heyde berig soos volg in
Die Pos-koerant van 17 Junie: Die droom om ̓n botaniese tuin in Bela-Bela tot stand te bring, het die afgelope week weer ̓n hupstoot gekry.

Die idee het reeds in 2020 by ̓n groep inwoners posgevat om die stuk grond wat aan die Renaissance-aftreeoord en die Alma-pad grens, in ̓n bewaringsgebied te omskep. Dié grond behoort aan die Bela-Bela-munisipaliteit.

Samesprekings het met die munisipaliteit plaasgevind en amptenare het aangedui dat hulle die projek in beginsel goedkeur.

Die COVID-19-pandemie het egter onderhandelinge gestuit. Die loodskomitee het eers weer op Woensdag, 8 Junie vergader. Arnaud le Roux (foto links) is as nuwe voorsitter verkies in die plek van Johan Mills wat as munisipale raadslid verkies is. [Arnaud is die seun van ’n inwoner van ons oord, dr. Hans le Roux (E135) - Kwêvoël].

Sake soos die uitleg van die tuin, befondsing, omheining, arbeid en die pad vorentoe is op die vergadering bespreek.

No comments:

Post a Comment