Chris
(62) en Anne (62) van den Heever het pas in E75 ingetrek. Hulle kan nie
uitgepraat raak oor ons oord en die rustigheid wat hulle ondervind nadat hulle
‘n leeftyd in die gewoel van Johannesburg en omgewing gewoon en gewerk het.
Soek 'n berig in Renaissance
Saturday, 10 September 2016
Friday, 9 September 2016
Resident honoured by local Rotary Club
During
the induction of the new President of the Rotary Club of Warmbaths, a number of
individuals were honoured for the role they have played in improving the lives
of others.
Thursday, 1 September 2016
Waak teen indringerplante
PIET COMBRINK skryf: Baie tuiners besef nie dat sommige plante in hulle tuin indringerplante is wat ingevolge wetgewing verwyder moet word nie.
Monday, 29 August 2016
Special General Meeting - 2016
The main purpose of this mid-year meeting was to review the financial statements for 2015 which was prepared by the Warmbad Renaissance Association’s external auditors, PricewaterhouseCoopers Inc.
Saturday, 27 August 2016
Kontrei-ete 2016
Kerrie-afval + bobotie + wildpastei + toffiepatats + stampmielies + boeremusiek = die heerlike kontrei-ete wat die sosiale aksie onlangs aan inwoners opgedis het.
Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.
Monday, 15 August 2016
Inwoner maak 'n verskil in die gemeenskap
Jy
tref in elke gemeenskap talle beskeie mense aan wat stilweg met groot toewyding
en deernis werk om minderbevoorregte persone se nood te verlig.
Thursday, 4 August 2016
Ongereelde besoekertjies
Ons oord is geseën met ‘n ryke verskeidenheid voëllewe wat wydverspreid in ons geweste voorkom: kuifkophoutkappers, kwêvoëls, neushoringvoëls, tiptolle, suikerbekkies, katlagters, kakelaars, geelbeklysters, rooikophoutkappers, om maar enkeles te noem.
![]() |
| Die kwêvoel |
Onlangs
het twee gevlekte lysters kom besoek aflê. Alhoewel
hierdie voëltjies
volgens kenners vry algemeen in die Bosveld voorkom, het Rina
Breytenbach (E118) en haar bure hulle die eerste keer in 20 jaar in die oord
waargeneem.
Soos die foto aantoon, is hierdie
pragtige voëltjie grysbruin bo met kenmerkende swart vlekke op die wit borsie en ‘n
kort stertjie. Wanneer hy op die grond stilstaan, het hy ‘n kiertsregop houding en die gewoonte om vooroorgeboë te hardloop, net om weer
stil te staan, agteroor te leun en een van sy vlerke te lig.
Volgens Sappi se Voëls van Suid-Afrika, word hulle aangelok deur veldbrande en bou hulle nessies van plantmateriaal in ‘n boom, soms in die nabyheid van ‘n miksterbyvangernes.
Subscribe to:
Posts (Atom)


