Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 10 November 2022

Wyle Toon se kremetartboom

Daar is min inwoners van ons oord wat nie ’n sagte plekkie vir inheemse bome het nie.  Wyle Toon Botes was gewis een hiervan. Hy en Hester was 52 jaar getroud voordat hy haar in 2013 ontval het. Hester woon in E130.

Wyle Toon Botes

Hester Botes staan by wyle Toon se kremetart

Hester sê dat Toon besonder lief was vir kremetartbome. Hy het een voor hulle eenheid geplant.

Hy het die volgende op sy boom se naamplaatjie geskryf: “Die boom ontkiem Des. 1996,” en “Hier geplant Sept. 2001.”

Naamplaatjie

Dié kremetartboom is dus 26 jaar oud en is reeds ʼn enorme boom. Kwêvoël (die oord se maandelikse nuusbrief waaruit hierdie plasing oorgeneem is) vermoed dat Hester ʼn emosionele verbintenis daarmee het omdat sy dit as Toon se nalatenskap aan haar  beskou.

Toon se kremetart in 2022

No comments:

Post a Comment