Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 9 November 2022

Ons verwelkom Elsie Winters

Elsie Winters (73) het onlangs haar intrek in E46 geneem nadat haar seun die wooneenheid aangeskaf het en tot haar beskikking gestel het. Sy sê dat sy dolgelukkig hier woon: haar woonplek is gerieflik, die inwoners is vriendelik en behulpsaam, en sy voel veilig. Trouens, sy verkneukel haar aan die aangename atmosfeer wat in ons oord heers.

Elsie is in Pretoria gebore en getoë. Sy het egter haar skoolopleiding in 1966 aan die Hoërskool Port Natal voltooi. Hierna het sy ʼn bankamptenaar geword, dog het onlangs uit diens getree nadat sy sewentien jaar lank betrokke was by die versorging van die inwoners van ʼn tehuis vir bejaardes in Pretoria.

Sy het twee kinders en vyf kleinkinders. 

No comments:

Post a Comment