Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 31 May 2022

Oord verwelkom Johann en Bonnie Koorts

Johann en Bonnie Koorts het onlangs hulle intrek in E88 geneem. Hulle woon lekker want die inwoners is vriendelik en die oord is bekostigbaar en veilig. Hulle huur die eenheid voorlopig en oorweeg dit om dit mettertyd te koop.

Bonnie is 64 jaar gelede op Schweizer-Reneke gebore waar sy grootgeword het. Sy het in 1975 aan die Hoërskool Schweizer-Reneke gematrikuleer. Sy werk tans by ̓n bekende plaaslike eiedomsagentskap.

Johann is in 1952 in Carletonville gebore. Nadat hy aan die Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer het, is die B.Juris.-graad in 1974 deur die Universiteit van Potchefstroom aan hom toegeken. Later het die B.Proc.-graad gevolg, het hy by die Departement van Justisie gewerk en so hittete ̓n landdros geword. Vervolgens het hy egter in ons dorp as ̓n prokureur gepraktiseer voordat hy in 2021 afgetree het.

Johann was ook ̓n sportadministrateur van formaat.

Hy en Bonnie was kranige tennisspelers wat op die tennisbaan vir mekaar begin ogies maak het. Hulle is in 1984 getroud en het 4 kinders en 8 kleinkinders.

No comments:

Post a Comment