Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 28 May 2022

Die Voorsitter van die Bestuurskomitee se boodskap - Junie 2022

 

Die Voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, skryf: Ons is dankbaar dat Barry Vosloo (E119) in so ̓n mate herstel het dat hy   weer eens Kwêvoël  kan behartig. Hierbenewens wil ons Johann en Bonnie Koorts (E88), Johan en Susan Swanepoel (E73), Danie en Sylvia Bosch(E37),  Renier en Esta de Beer (E55), Tjaart en Rina Knoetze (E4) en Marinda Redelinghuys (E47) van harte verwelkom. Ons is ook bevoorreg om die volgende 90-plussers geluk te wens met hul verjaardae: Miemie Grobler (E94), Chris en Ester Limbach (E127), asook Hennie de Villiers (E54). Ek wil ook vir ons ondervoorsitter, Roedolph Botha en sy nuwe wederhelfte Ansie, van harte gelukwens met hul onlangse huweliksbevestiging.

Unfortunately we had to say farewell to Pieter en Ria Bester who moved elsewhere owing to ill health. Tommie Marx (E114) passed away recently. We express our condolences with Trynie.

Ek doen weer eens ʼn beroep op inwoners om ons oord se gedragsreëls getrou na te kom. Dit is  ̓n wetlike dokument wat ingevolge die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone, asook die Wet op Deeltitelskemas, opgestel is.

Kindly contact the Management Committee in writing if you observe activities that are in contravention of our Rules of Conduct. Complaints that are not dealt with timeously, are likely to create conflict. There are actually unresolved issues at present because those concerned are slow to cooperate.


No comments:

Post a Comment