Ons is voornemens om in 2022 die
beskikbaarheid en die koste van elektrisiteit daadwerklik aan te spreek. Ons is
baie opgewonde oor Murray en Roberts se filiaal wat die oord op 15 Februarie
besoek om die beskikbare alternatiewe met sonkrag te verduidelik. Die oogmerk
is om ̓n stelsel te vind waardeur beurtkrag
uitgeskakel kan word teen ̓n
tarief wat nie hoër as die voorafbetaalde tarief sal wees nie. Almal is welkom
om die vergadering om 10h00 in die Nes by te woon om u in staat te stel om u
insette te lewer sodat die beste keuses gemaak
kan word.
Ons maandelikse nuusbrief, Kwêvoël, is nou ook elektronies beskikbaar en ons nooi u uit om van
hierdie fasiliteit gebruik te maak. Dit vertoon beter as die huidige
monochrome weergawe. Tree asseblief met Jacky
in verbinding indien u wil hê dat Kwêvoël per e-pos aan u gestuur moet word.
A few members of the Management
Committee have had a very successful meeting with the garden services
contractor. Elsa Erasmus guided him and his team in a practical way with regard
to the standard that is required. We trust that its impact will be obvious
soon.
Ten slotte: kom ons verander onsself
voordat ons ander mense probeer verander.
No comments:
Post a Comment