Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 6 January 2022

Oord verwelkom Sollie en Trudie Brits

Sollie (63) Trudie Brits (65) het 30 jaar lank in eMalahleni (voorheen Witbank) gewoon. Nadat Sollie in Mei 2021 afgetree het, het hulle verskeie aftreeopsies oorweeg voordat hulle besluit het om   E33 in ons oord aan te skaf.

Tot dusver is hulle ingenome met hul keuse omdat hulle wooneenheid aan die meeste van hul vereistes voldoen, die Bosveldlug suiwer en die leefwyse rustig, bekostigbaar en veilig is.

Sollie is in Klerksdorp gebore en het sy skoolloopbaan in 1975 aan die Hoërskool Lydenburg voltooi. Hierna het hy sy nasionale diensplig voltooi en by Transnet in diens getree waar hy hom mettertyd as ̓n statistikus bekwaam het.

Trudie is in Pretoria gebore en het in Johannesburg grootgeword. Nadat sy haar skoollopbaan in 1973 aan die Hoërskool D F Malan voltooi het, het sy ̓n ruk lank by Transnet gewerk voordat sy ̓n heeltydse tuisteskepper geword het. Sy het op eMalahleni as ̓n baasbakster bekend gestaan. Deesdae, sê sy, bak sy net koekies en beskuit vir haar kleinkinders!

Sollie en Trudie is 1981 getroud. Twee kinders en twee kleinkinders is uit hulle huwelik gebore. 

No comments:

Post a Comment