Die kliplikkewaan (Varanus
albiguralis) is ̓n gereelde besoeker aan ons
oord en is reeds deur verskeie inwoners opgemerk. Die foto hierbo toon een
hiervan in ʼn haakdoringboom voor E137 waarin Gerhard en
Annatjie Swart woon.
Die volwasse kliplikkewaan is 100
tot 150 cm lank en weeg sowat 12 tot 15 kg. Die volwasse likkewaan se
rugkant is grys-bruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Dit
het ʼn geronde snoet en gevurkte tong soos wat Philip
van den Berg (E34) se foto hierbo toon.
Hierdie spesie is opportunistiese
vreters. Hulle smul graag aan ongewerwelde
diere, veral duisendpote, kewers, slakke, asook jong skilpadjies en
eiers.
Die kliplikkewaan, wat oor feitlik die hele Suid-Afrika voorkom, leef in ruigtes,
boomveld en koppies.