Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 23 February 2020

Marie se resep vir die lekkerste brood in die Bosveld

Marie Snyman (E45)
Bestanddele: 300 g (625 ml) koekmeel; 480 g (920 ml) volkoringmeel; 20 ml sout; 10 g Anchor kits-droëgis; 70 g (125 ml) sonneblomsaad; 15 ml kookolie; 35 ml bruin suiker; 750 ml lou water.

Metode: Meng meel, volkoringmeel, sout en suiker saam. Voeg kitsgis by en meng. Voeg olie tesame met genoeg louwarm water by om beslag te vorm. Klits vir 10 minute tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde panne. Bedek met plastiek en laat rys tot dubbel die volume op warm plek. Bak in oond by 190 ºC vir omtrent 25 tot 30 minute.

Hierdie resep lewer drie heerlike brode.


No comments:

Post a Comment