Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 9 February 2020

Ons oudste inwoners

Chris en Esther Limbach

Chris (92) en Esther (91) Limbach is ons oudste inwoners. Hulle het vier en twintig jaar gelede hul intrek in E127 geneem en bewoon nog al die jare dieselfde eenheid. Hulle is relatief gesond en, soos die foto hierbo toon, blink Esther se oë blink steeds na al die jare telkens as sy na Chris kyk. Op sy beurt kan Chris dit nie verhelp om dikwels aan haar te raak nie. Dit wys jou mos: ou liefde roes nooit.

Esther is op Daniëlskuil gebore, maar het in Kuruman groot geword. Die foto hieronder is in 1939 geneem toe Esther sowat 10 jaar oud was. Esther staan in die middel van die groep dogtertjies.

Nadat sy in 1946 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Seodin voltooi het is sy “plaas toe” want daar was nie juis werksgeleenthede op Kuruman nie. Om die tyd te verwyl het sy skoolkinders met ‘n perdekar aangery skool toe. Later was sy werksaam by die Uniegebou in Pretoria, die Mediese Hulpvereniging van Staatsamptenare en op Pelindaba.

Chris is van Nederlandse afkoms. Sy ouers het in 1923 vanaf Hilversum na Suid-Afrika geëmigreer om hulle in Vryburg te vestig. Hy is in 1928 in Lichtenburg gebore, maar het op Middelburg groot geword. 

Chris op die ouderdom van 10 maande
Hy het sy skoolloopbaan in 1941 aan die Pretoriase Tegniese Kollege voltooi. Hierna het hy sy vakleerlingskap in pas- en draaiwerk by Yskor voltooi. Vanaf 1944 tot sy aftrede in 1987 by die Pretoria-kragsentrale gewerk.

Esther en Chris is op 28 Oktober 1950 getroud. Die onderstaande foto is kort na hulle huweliksbevestiging geneem.


Vyf kinders, twaalf kleinkinders en ses agterkleinkinders is uit hul huwelik gebore.

No comments:

Post a Comment