Houtsneewerk wat deur Caro van der Schyff gedoen is. |
ʼn Geruime tyd lank was rolbal my grootste vreugde en tydverdryf. Ek
het egter algaande ʼn behoefte ervaar om iets skeppends te doen.
Toe oorreed ‘n
vriendin my om saam met haar lesse in houtsneewerk te neem by Susan Hugo,
inwoner van ʼn naburige aftreeoord. En siedaar, sedert Augustus 2016 word dít my groot
passie.
Ons het in September ʼn uitstalling gehou. Die resultaat blyk uit die foto’s hierbo en hieronder.
Sedertdien het ek ‘n paar bestellings gekry vir
familiewapens en handspieëls. Nou is ek lekker besig. Ek hoop net die
geraas pla die bure nie te veel nie!
Caro staan by 'n paar van haar houtsneewerke |
'n Hele aantal Warmbad Renaissance-inwoners het Caro se uitstalling bygewoon |
No comments:
Post a Comment