Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 23 September 2018

Ons nuwe inwoners kom van heinde en ver

Dries (62) en Sherrol (51) Gouws het onlangs in E61 ingetrek. Tot dusver was hul verblyf aangenaam, sê hulle. Die rustige omgewing en vriendelike inwoners dra veel hiertoe by.

Dries en Sherrol
Dries is in Bloemfontein gebore en het in Roodepoort grootgeword. Nadat hy in 1974 aan die Hoërskool Roodepoort gematrikuleer het, het hy ‘n telekommunikasietegnikus by die poskantoor geword. Later het hy by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit waar hy mettertyd die rang van AO1 beklee het voordat hy na 21 jaar in 2001 uitgetree het. Hy werk tans in in die gewapende reaksie-eenheid van Galven Security.

Sherrol is in Vereeniging gebore en het in Meyerton grootgeword. Sy en haar gesin het later na Modimolle verhuis waar sy haar skoolopleiding aan die Hoërskool Nylstroom voltooi het. Sy het ʼn geruime tyd lank saam met haar pa op ʼn plaas buite Bela-Bela geboer. Tans versprei sy Huisgenoot, Beeld en Rapport in Bela-Bela en Modimolle.

Dries en Sherrol is in 2004 op Bela-Bela in die eg verbind. Beide was voorheen getroud. Dries het 2 kinders en Sherrol het 3. Hulle het een kleinkind.

No comments:

Post a Comment