Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 22 May 2018

"Knyp vas die boudjies ... trek in die magies ... "

Die opskrif hierbo is ʼn refrein wat sedert 5 Junie 2017 soggens drie keer per week in die Lapa opklink terwyl Rina Steynberg (E105) ʼn twintig of wat inwoners help om hulle stram lywe soepel te probeer hou deur middel van liggaamsoefeninge wat spesiaal vir die ouer garde ontwikkel is.

Eina, maar toemaar ... !
Maar kom ons stel een van die geesdriftige lede van die LO-groep aan die woord.

LIZ SNYDERS skryf: Dis heerlik gesellig om soggens vroeg elke Maandag, Woensdag en Vrydag in die Lapa saam te oefen. Dis ʼn wonderlike geleentheid om mekaar beter te leer ken en lief te kry.

Liz kon haar regterhand sowat 'n jaar gelede nie bokant haar middellyf oplig nie.
Elkeen voer die oefeninge volgens sy of haar eie vermoë uit. Ons kreun en steun en lag, maar dis só lekker! Aan die begin was my spiere maar swakkerig. Ek kon nie my arms hoog oplig nie … my bene het gou moeg geword … my asem was té min.

Nóú moet julle my sien! Ek is byna 87 jaar oud en voel baie beter, vroliker en gelukkiger.  Ek het agtergekom ek KAN! Die slagspreuk op Lirpa se t-hempie wat lui “Oud maar nie oor die muur nie,” kan eweseer op my van toepassing wees.

Dalk moet ek vir my ook so ʼn T-hempie aanskaf.

No comments:

Post a Comment