Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 25 May 2018

Diekie volg Hester se raad

Diekie Venter

Hester Botes (E130) en Diekie Venter ken mekaar al jare lank. Dis juis Hester wat haar aangeraai het om ons oord as ‘n uitvlug te oorweeg omdat sy nie besonder tevrede met haar vorige woonplek in Pretoria was nie.

Sy het toe onlangs haar intrek in E61 geneem en is danbaar dat sy Hester se raad gevolg het. Sy woon lekker want Warmbad Renaissance is rustig en veilig, en die inwoners is vriendelik en hulpvaardig.

Diekie is 76 jaar gelede op Brits gebore en het op Middelburg grootgeword. Hier het sy in 1958 matriek aan die Hoërskool Middelburg behaal. Daarna het sy opleiding as tikster ondergaan. Diekie het tot haar bedanking in 1996 by die elektrisiteitsafdeling van die Pretoriase munisipaliteit gewerk.

Sy en haar eggenoot, Theunis, was vir 52 geseënde jaar getroud voordat hy in 2013 oorlede is. Diekie het vier kinders en vier kleinkinders.

No comments:

Post a Comment