Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 8 July 2016

Wooneenhede gesog

Die ingangshek van een van die mooiste en mees bekostigbare aftree-oorde in die Bosveld


In teenstelling met die afswaai in die Suid-Afrikaanse eiendomsmark, beleef ons oord ‘n bloeitydperk. Nie minder nie as 31 wooneenhede in die oord is die afgelope 18 maande óf verhuur óf verkoop. Tewens, die aantal eenhede wat tans nie bewoon word nie toon ‘n afname van sowat 50% in vergelyking met ‘n jaar gelede.

Die rede hiervoor kan deels toegeskryf word aan die bekostigbaarheid van gerieflike wooneenhede, ‘n pragtige perseel met talle inheemse bome en uitstekende sekuriteit.

Een van die parkies in die oord waar inheemse bome floreer
'n Straattoneel in die oord
Die terrein word goed versorg
Hierbenewens spog Bela-Bela met ‘n rustige plattelandse atmosfeer wat slegs sowat ‘n uur per motor van Pretoria met sy uitstekende mediese- en inkopiegeriewe, geleë is.
 
'n Straattoneel in Bela-Bela

No comments:

Post a Comment