Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 19 June 2016

Borries en Anda kies Warmbad Renaissance

Alhoewel oud-onderwysers Borries (71) en Anda (69) Bornman reeds 24 jaar lank in Warmbad woon, het hulle onlangs eers na ons oord verhuis en in E112 ingetrek.

Borries en Anda Bornman
Anda het op Krugersdorp grootgeword waar sy matriek aan die Hoërskool Jan de Klerk geslaag het. Daarna is sy na die Universiteit van Potchefstroom waar sy die B Sc-graad (Dierkunde en Sielkunde) behaal het. Sy het vervolgens by verskeie skole aan die Rand onderwys gegee totdat sy voortydig in 1992 as Departementshoof (Biologie) aan die Westridge High School uitgetree het.

Borries is in Vereeniging gebore en getoë. Nadat hy matriek aan die Hoërskool Vereeniging geslaag het, het hy ‘n onderwysdiploma in handelsvakke aan die toentertydse Heidelbergse Onderwyskollege behaal. Hy was later, onder andere, Departementshoof (Handelsvakke) aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp en Hoërskool Warmbad.

Nie alleen was Borries ‘n knap rugbyspeler nie, maar het uitgeblink as ‘n rugbyafrigter van skool- en Cravenweekspanne. Hy was byvoorbeeld etlike jare lank die afrigter van Transvaalse en Verre-Noord Cravenweekspanne waar sy paaie gekruis het met seuns wat later beroemde Springbokke geword het: Brendan Venter, Adriaan Richter, James Small en Victor Matfield.

Borries en Anda is in 1971 getroud en spog met drie kinders en 8 kleinkinders.

Dié vriendelike egpaar is gaande oor hulle nuwe blyplek. Hulle bestempel hulle verblyf in Warmbad Renaissance as een lang vakansie in ‘n rustige, mooi en veilige omgewing!

No comments:

Post a Comment