Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 9 July 2016

Staatmakers onderneem inkopietog


Die Sosiale Aksie is ‘n subkomitee van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee wat hulle ten doel stel om sosiale funksies vir die inwoners te reël.

Vanjaar was die Sosiale Aksie verantwoordelik vir die reëlings van die potjieskos-ete ter viering van die oord se 25ste bestaansjaar – ‘n taak wat hulle met entoesiasme en groot sukses aangepak het. Tradisioneel reël hulle onder andere jaarliks ook ‘n Valentynsdagtee, ‘n lente-ontbyt en ‘n jaareinddinee. Hierdie funksies vul hulle aan met geleenthede soos gereelde kerrie-en-rys- en vetkoekverkopings.

Die Sosiale Aksie verrig ‘n reusetaak en maak staat op ‘n handjievol staatmakers vir wie se hande min verkeerd staan.

Hierdie staatmakers het hulself onlangs op ‘n inkopietog na die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria getrakteer.

Hiervoor is die oord se diensbussie gebruik. Dimmie Smith het die bestuurwerk gedoen en sy passasiers het die brandstof- en tolhekkoste onder mekaar verdeel.

Die diensbussie en aangewese bestuurders Gerhard van Rooyen, Hennie de Villiers en Dimmie Smith
Die onderstaande foto’s is geneem nadat die groepie moeg, maar tevrede en opgeruimd teruggekeer het.

Leon en Marlene Barnard, en Rina Steynberg
Die diensbussie se laairuimte propvol inkopies
Stokflou maar tevrede. Hier verskyn (v.l.n.r.) Linkie Ellis, Rita Vosloo, Marie Snyman, Mel Smith, Dimmie Smith, Nadene Horn, Marlene Barnard, Rina Steynberg en Leon Barnard.
 

No comments:

Post a Comment