Soek 'n berig in Renaissance
Friday, 13 May 2016
Oud-skoolhoof vestig hom in ons oord
Willie Lambrechts (71) was die hoof van die Hoërskool Elsburg voordat hy in 1996 vanweë swak gesondheid uit die onderwys getree het. Daarna het hy landwyd kontaklesings vir buitemuurse RAU-studente namens die universiteit gegee.
Thursday, 12 May 2016
Ons nuwe bestuursagent aanvaar diens
Die bestuursvereniging het in 2015 die aanstelling van Frikman Nel (46) van Rent Admin as ons bestuursagent goedgekeur. Hy vervang Reanett Bezuidenhout wat pas uitgetree het.
Oord verwelkom Johann en Linda Benade
Nadat
Johann (76) en Linda Benade (77) hulle kleinhoewe op Kameeldrif-Oos onverwags verkoop
het, moes hulle inderhaas na ‘n geskikte woonplek soek. Hulle het verskeie
aftree-oorde en meenthuiskomplekse in Pretoria, Modimolle en Bela-Bela oorweeg,
maar uiteindelik in Warmbad Renaissance ‘n woonplek raakgeloop wat in die
meeste opsigte aan hulle verwagtinge voldoen het. Die oord se
veiligheidsmaatreëls, goedversorgde terrein en uitstekende waarde vir geld het
die deurslag gegee.
Wednesday, 4 May 2016
Reanett lê die tuig neer
Ons oord was die enigste in die
Renaissance-groep waar Reanett Bezuidenhout ononderbroke sedert 13 September
1991 as bestuursagent betrokke was.
Subscribe to:
Posts (Atom)