Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 14 April 2016

Ou bekende besoek oord voortaan meer gereeld



Die bestuurskomitee het op sy vergadering van 31 Maart goedkeuring verleen dat Cornelia Matthysen van Matthysen Audiology voortaan op Dinsdae en sekere Donderdae ‘n lokaal in die administrasiegebou as ‘n spreekkamer mag gebruik.

Cornelia is ‘n ou bekende in ons oord. Sy lewer reeds sedert 2009 gehoorverwante dienste aan inwoners. Sy sê dat sy beoog om die lokaal as ‘n spreekkamer in te rig om voortaan op ‘n meer professionele en produktiewe wyse aan haar pasiënte se behoeftes te voldoen. 

Cornelia ondersoek een van haar pasiënte, Johnny Meyer
Volgens Cornelia lewer  sy verskeie dienste soos wasverwydering, diagnostiese gehoortoetse, gehoorapparaatpassings, verstellings aan gehoorapparate, swemproppies, gehoorbeskermers, oorsuisingsberading, ouditiewe opleiding, diens en herstel van gehoorinstrumente, en verskaffing van batterye en ander toebehore.

Sy behartig alle mediese fonds-eise namens haar pasiënte.  Indien nodig, reël sy ook voorafgoedkeuring vir die pas van nuwe gehoorinstrumente.

Inwoners kan haar by 072 477 1054 skakel om 'n afspraak te maak. 


No comments:

Post a Comment