Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 5 March 2016

Voorsitter bring hulde aan staatmakers




Die voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, het onlangs tydens die tradisionele jaarlikse bestuurskomiteebraai die lof besing van verskeie inwoners wat nie in die bestuurskomitee dien nie, maar wat stil-stil ‘n gewaardeerde bydrae tot die gemeenskapslewe van die oord lewer.

 
Braai sal hulle braai. Kom wat wil.
Nadat hy die nuwelinge in die bestuurskomitee (Rita Vosloo, Marie Snyman, George Yeo en Flip Dreyer) verwelkom het en uitgetrede lede (Didie Vickery en Johnny Meyer) vir hulle bydrae bedank het, het hy spesiaal melding gemaak van sy voorganger, Johnny Meyer. Johnny het in oor die jare heen agt termyne as voorsitter met groot toewyding gedien – meer as enige voorsitter in die 25-jarige bestaan van die oord.
 

Gerhard van Rooyen en Johnny Meyer.
Vervolgens het die voorsitter ‘n aantal inwoners by name bedank. Linkie Ellis en Bets Cilliers ondersteun die sameroeper van die sosiale aksie deur dik en dun. Dimmie Smith, Hennie de Villiers en George Yeo is die aangewese bestuurders van die diensbussie. Isabel Hattingh dra haar deel by om die oord se terrein in stand te hou. Hester Botes sorg nou al jare lank vir die oord se biblioteek. Alet Erasmus behartig die taalversorging van die oord se maandelikse nuusbrief, Kwêvoël. Roy Derbyshire sorg dat die elektroniese aspekte van die oord se sekuriteit na wense funksioneer. Frik Wasserman dra sy deel by om die oord se water- en kragmeters te lees. Willie du Plessis sorg vir die braaivleisvure. Annatjie du Plessis, Katy Maritz, Linkie Ellis, Lirpa Kuntz, Miriam Scheepers, Shiela Meyer en Veronica van Deventer lewer puik diens as die sosiale aksie se straatverteenwoordigers. Annatjie sorg ook dat verjaardagkaartjies hulle bestemming betyds bereik.

Les bes het die voorsitter namens die oord afskeid geneem van Louis van Wyk wat eersdaags na Palms Renaissance verhuis. Louis het sedert 2008 die onderhoudsportefeulje van die bestuurskomitee behartig. In meer as sewe jaar het hy die oord met groot onderskeiding gedien.
 

Die oord se administratiewe beampte, Jacky Putter,  oorhandig 'n afskeidsgeskenk namens die inwoners aan Louis van Wyk.

No comments:

Post a Comment