Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 13 March 2016

'n Gemeenskap ontstaan 25 jaar gelede in die Bosveld

Op 1 April 2016 vier ons oord sy 25ste bestaansjaar. 


Hierdie artikeltjie probeer om enkele grepe van die wordings- en ontwikkelingsgeskiedenis van Warmbad Renaissance, asook die emosionele kapitaal wat hier belê is, aan die hand van Eenheid 118 weer te gee. Die gebeure wat hieronder uitgebeeld word, is waarskynlik meer as een keer ten opsigte van ander eenhede herhaal.

Rina Breytenbach is die eerste en enigste eienaar van Eenheid 118, Katlagterlaan. Sy bewoon steeds die eenheid wat sy en haar wederhelf, Piet, op 26 September 1996 betrek het. Piet het Rina intussen ontval.

Piet en Rina Breytenbach in Mei 2000
Hierdie foto is in Julie 1995 geneem. Rina skryf: “Hier word ons aftreehuisie DV binnekort gebou. Tans lyk dit nog soos die lappop se ashoop!”
Eenheid 118 se fondamente word gelê
19 Oktober 1995. Die bouwerk kan maar begin. Dit lyk asof Rina ‘n skietgebedjie opstuur
Op 29 Januarie 1996 lyk Eenheid 118 al soos ‘n huis
Twintig jaar later lyk die eenheid só. Hierdie foto is vanuit dieselfde hoek as die een hierbo geneem
Op 10 Februarie 1996 jeuk Rina se voete al lankal om in te trek ...
... maar die omgewing van Eenheid 118 is nog ‘n woesteny
Op 15 Julie 1996 is Rina kliphard aan ‘t tuin maak
Op 26 September 1996 trek die Breytenbachs in
Op 5 April 1997 vertoon Rina se tuin al spoggerig
Só lyk Rina se tuin tans

No comments:

Post a Comment