Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 20 February 2016

Inwoners vier Valentynsdag

‘n Groot aantal inwoners het onlangs in die Nes (een van ons gemeenskapsale) byeengekom om Valentynsdag te vier.

Nadat Braam Cilliers ‘n gepaste skriflesing uit 1 Kor. 13 en ‘n gebed gedoen het en Barry Vosloo een van die weergawes van die ontstaan van die tradisie aan die aanwesiges voorgehou is, is die ete en drinke bedien en die groot geselse gesels.

Dié stylvolle geselligheid is deur die Sosiale Aksie-groep gereël. Sonder die toewyding en harde werk van die straatverteenwoordigers, die vaardige vrouens wat die fyngebak voorberei het en Braam Cilliers en sy helpers wat die saal in gereedheid gebring het, sou die funksie gewis minder suksesvol gewees het.

Die straatverteenwoordigers en Braam Cilliers. Braam verteenwoordig die bestuurskomitee. Voor (v.l.n.r) Katy Maritz, Lirpa Kuntz, Miriam Schepers en Shiela Meyer. Agter (v.l.n.r) Braam Cilliers, Bets Cilliers, Annetjie du Plessis, Lienkie Ellis, Rita Vosloo.

Hulle was veratnwoordelik vir die fyngebak. V.l.n.r. Braam Cilliers (verteenwoordiger van die bestuurskomitee), Bets Cilliers, Katy Maritz, Annatjie du Plessis, Marie Snyman, Lienkie Ellis en Rita Vosloo.
Die fotos hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.








No comments:

Post a Comment