Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 10 December 2015

Onlangse aanwinste is boorlinge van die Wes-Kaap en Vrystaat

Esther Bezuidenhout
Esther Bezuidenhout (78) is op Robertson in die Wes-Kaap gebore en getoë. Sy het haar mettertyd as 'n verpleegkundige bekwaam. Sy het 'n groot deel van haar beroepslewe in aftree-oorde en ouetehuise gewerk.

Esther het vanaf Bethlehem hierheen verhuis en bewoon tans E116.

Esther Bezuidenhout
Weens haar innemende geaardheid het sy reeds heelwat inwoners ontmoet en aan oordaktiwiteite begin deelneem.

Esther se man, Danie, het haar in 1992 ontval. Drie dogters, drie kleinkinders en een agterkleinkind is uit hulle huwelik gebore.

Sakkie en Tienie Wessels
Sakkie (78) en Tienie (77) Wessels het bykans 15 jaar gelede na Olienhoutpark in Bela-Bela verhuis - hoofsaaklik  omdat hulle moeg was vir die winterkoue van die Vrystaat. Sakkie is op Execlsior gebore en getoë, en Tienie, op Bethlehem.

Tienie en Sakkie Wessels
Voor hulle aftrede was Sakkie die graansilobestuurder op Vrede. Tienie was 'n munisipale amptenaar.

Sakkie en Tienie het E93 onlangs aangekoop.

Hulle is reeds 54 jaar getroud en het vyf kinders en elf kleinkinders.

No comments:

Post a Comment