Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 28 November 2015

Ons sluit 2015 op luisterryke wyse af

Ons jaareindfunksie het op 27 November plaasgevind. Die Sosiale Aksie onder leiding van Didie Vickery, het 'n bederf van formaat aangebied.

Nagenoeg 100 inwoners het omtrént gesmul aan 'n aptytlike driegangmaaltyd en tot laataand gesellig gekuier. 

Roland Penzhorn van die plaaslike Pick n Pay-supermark en Pieter en Annette Heyneke van Oasis Water het gewaardeerde skenkings gemaak.

Hieronder verkyn 'n fotobeeld van die verrigtinge.

Die plaaslike Pick n Pay-supermark was die hoofborg
Ons guitige kelners was (v.l.n.r) Jacky, Amanda, Mandie en Jaco
Inwoners tree aan vir die smullekker disse. Hierbo verskyn (v.l.n.r.) Dries Engelbrecht, Marie Snyman, Bets Cilliers en Dicie Vickery
Die slaaitafel het groot aftrek geniet
Ons bestuursagent, Reanett Bezuidenhout (tweede van regs), kuier vir oulaas saam. Reanett oorhandig die leisels vroeg in 2016 aan 'n nuwe bestuursagent
Caro van der Schyff glimlag breed. Sy en haar tafelgenote geniet die geregte terdeë
Amy Combrink oorhandig 'n drankie aan Roy Derbyshire
Die Nes vol inwoners wat lekker kuier was gewis 'n riem onder die hart vir die Sosiale Aksie
V.l.n.r. verskyn Braam Cilliers, Bets Cilliers, Annetjie van Rooyen, Gerhard van Rooyen en Rina Breytenbach. Gerhard is die voorsitter van ons oord se bestuurskomitee
Lede van die Musiekkring van Warmbad het inwoners vermaak met hulle vertolking van 'n aantal sekulêre en geestelike liedere

No comments:

Post a Comment