Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 20 November 2015

Warmbad Renaissance sê dankie aan Afriforum

Tydens hulle algemene jaarvergadering op 19 Mei 2015, het die inwoners van Warmbad Renaissance die bedrag van R7 500 aan die voorsitter van die plaaslike tak van Afriforum, Johan Mills,  oorhandig. Die ontwikkelaar van die oord, Werner Pauw, het R2 500 tot hierdie bedrag bygedra.

V.l.n.r verskyn Werner Pauw (ontwikkelaar van Warmbad Renaissance), Johan Mills (Afriforum) en Gerhard van Rooyen (voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee)
Die voorsitter van die oord se bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, het gesê dat die skenking 'n tasbare blyk van hulle waardering is vir die rol wat Afriforum speel om die plaaslike owerheid in toom te probeer hou.

"Ons inwoners doen aan die hand dat Afriforum die geld gebruik om die plaaslike munisipaliteit te dwing om gehoor te gee aan hofuitsprake om die plakkerskamp net buite die dorp op die Alma-pad, op te ruim," het Van Rooyen gesê.

In sy antwoord het Mills gesê: "Ons is besonder dankbaar dat u as inwoners die pogings en aksies wat ons hier in Bela-Bela van stapel stuur, raakgesien het en erkenning daaraan gee deur hierdie pragtige skenking aan Afriforum."

No comments:

Post a Comment