Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 8 September 2015

Oud-inwoner van Bela-Bela keer terug

Die 58-jarige Una Rossouw is in Windhoek gebore, het op Louis Trichardt gematrikuleer en het daarna mode-ontwerp aan die Pretoria Technikon bestudeer.

Una Rossouw is terug op Bela-Bela
Una het twintig jaar lank op Bela-Bela (toe dit nog Warmbad was) gewoon voordat sy die bestuurder van die Bruidsgids-inligtingsentrum in Pretoria geword het. Na elf jaar in hierdie pos het sy onlangs 'n aanbod aanvaar om die bestuurder van die Klip en Kristal-gastehuis in Moffatstraat, Bela-Bela, te word.

Dit het min oorreding geverg om Warmbad Renaissance haar nuwe blyplek te maak. Alhoewel sy pas haar intrek in E129 geneem het, voel sy reeds tuis tussen die vriendelike Renaissancers. Ons oord se goedversorgde terrein, rustigheid en streng veiligheidsmaatreëls het eweneens reeds haar hart gesteel.

Una het 'n seun wat saam met sy gesin in Pretoria woon. Hulle het 'n seuntjie en 'n dogterjie. Haar dogter en dié se gesin woon in Johannesburg. Hulle het óók 'n seuntjie en 'n dogtertjie. Sy is versot op haar kleinkinders.

As die geleentheid hom voordoen, draf sy vir ontspanning.

No comments:

Post a Comment