'n Spesiale
Algemene Vergadering van die Warmbad Renaissance Bestuursvereniging het op 27
Augustus 2015 plaasgevind.
Soek 'n berig in Renaissance
Thursday, 27 August 2015
Monday, 17 August 2015
Raakvatter kies ons oord
Rina Steynberg |
Rina Steynberg het voor haar
aftrede in 1996, die kantoor van die toentertydse Departement van Mannekrag op
Nylstroom bestuur, dien tans in die kerkraad en die sustersvereniging van die
Hervormde Kerk op Bela-Bela, en is die sekretaresse van die Warmbad-tak van die
Vroue Landbou-unie. Sy verteenwoordig ook haar VLU-tak in die Warmbad
Boerevereniging. Hierbenewens is sy 'n
toegewyde ma van haar seun en geliefde ouma van drie kleinkinders.
Tuesday, 11 August 2015
Inwoners besoek Palms Renaissance Aftree-oord
Die Palms
Renaissance Aftree-oord in Pretoria, is een van die Renaissance-groep se aftree-oorde. In
teenstelling met die ander Renaissance-oorde, beskik die Palms oor geriewe vir
verswakte persone. Klik HIER om meer van die Palms Renaissance te wete te kom.
Tuesday, 4 August 2015
Tot siens, Rina
Rina Triegaardt (84) se talle vriende en vriendinne het onlangs van haar afskeid
geneem tydens 'n gesellige teedrinkery in die Nes.
Rina het aan die einde van Augustus na 'n versorgingsoord verhuis wat nader aan haar geliefdes in die Roodepoort-omgewing geleë is.
Toe sy en haar wederhelf, Louis, hulle op 13 Desember 1993 in Eenheid 59 tuisgemaak het, was sy 'n vietse en energieke 62-jarige. Vroeg in 1994 het hulle hulle intrek in Eenheid 75 geneem waar sy tot haar vertrek gewoon het.
Rina en Louis het
gou 'n leidende rol in ons gemeenskappie gespeel. Sy het byvoorbeeld vanaf 1995
tot 2005 vrywillig die oord se biblioteek behartig. Op 8 Maart 2005 bedank die
bestuurskomitee haar formeel vir haar "onbaatsugtige diens en pligsgetrouheid"
ten bate van die inwoners.
Sy was ook tot onlangs ten nouste betrokke by die bedrywighede van die Sosiale Aksie-komitee, o.a. as sekretaresse.
Louis het haar op 4 September 2014 na 'n lang siekbed ontval. Hy was 81 jaar oud.
Warmbad Renaissance wens haar alles van die allerbeste in haar nuwe tuiste toe.
Rina het aan die einde van Augustus na 'n versorgingsoord verhuis wat nader aan haar geliefdes in die Roodepoort-omgewing geleë is.
Toe sy en haar wederhelf, Louis, hulle op 13 Desember 1993 in Eenheid 59 tuisgemaak het, was sy 'n vietse en energieke 62-jarige. Vroeg in 1994 het hulle hulle intrek in Eenheid 75 geneem waar sy tot haar vertrek gewoon het.
Louis Triegaardt |
Sy was ook tot onlangs ten nouste betrokke by die bedrywighede van die Sosiale Aksie-komitee, o.a. as sekretaresse.
Louis het haar op 4 September 2014 na 'n lang siekbed ontval. Hy was 81 jaar oud.
Warmbad Renaissance wens haar alles van die allerbeste in haar nuwe tuiste toe.
Subscribe to:
Posts (Atom)