Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 19 March 2023

Valentynsaand!! 14 Februarie 2023

 Dit was sowaar 'n jolige affere. Almal was gemoedelik, die kos was heerlik en feitlik almal was in iets met rooi getooi. Maskers was die toegang tot die okkasie en almal het prettig saam gespeel.

Aan Esta en al haar funkise groep helpers moet ons 'n pluimpie gee en ek glo almal sal saaamstem dat dit baie goed gereel was. Almal het die baie geniet en van die ou lywe het ook nogal saam gedans met die musiek wat verskaf was.

Ons sien uit na die volgende funksie en glo dit gaan net so puik wees.

          Die tafels keurig gedek                             


Die Organiseerderpaar


Ons Voorsitter en sy vroulief


     Ons Finansiele BK Lid was ook daar!!

 

Die uwe wat nie van fotos hou nie was onkant gevang!

Barry en Rita kuier ook lekker saam!!


 Almal dans te lekker in 'n kring op ons jongdae musiek.



    




No comments:

Post a Comment