Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 19 March 2023

Ons Administratiewe Beampte

 Na bykans 13 jaar in die Admin Kantoor van Renaissance het Jackie seker min bekendstelling nodig.

'n Regte besige bytjie is sy beslis. Hier onder is haar storie.



1 April 2010, letterlik ‘n dag voor my verjaarsdag, kry ek ‘n pos by Warmbad Renaissance. Nooit het ek gedink ek sal met groot kinders moet werk nie……(😊) Renaissance is vir my soos my ouerhuis.  Ek verlang maklik tydens Desember so erg dat ek ‘n daggie steel om hier te kom sit en net die gevoel van ouerskap te ervaar.

Ek is baie lief vir motorfiets ry, tuinmaak, oefen en herwinning is my passie.  Ek is ma van 3 kinders:  25, 23 en 20 jaar oud.  My twee kleinkinders is natuurlik die liggies in my lewe.

Ek is Desember 2009 gediagnoseer met 3de fase servikale kanker.  Ek het dit oorleef, dit is my laaste kans en dit het my laat besef dat ek elke liewe dag voluit moet lewe asof dit my laaste is. 

Aan die kinders van al hierdie ouers wil ek dankie sê dat ek hulle ouers met hulle kan deel.   Die gesin waarin ek grootgeword het is almal in die hemel - so in effek het hulle iets wat ek nie het nie (ouers) en ek het iets wat hulle nie het(tyd met hulle).

 Renaissance is my huis, my enigste ouerhuis met baie ouers…..!

No comments:

Post a Comment