Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 3 October 2022

Voorsitter se boodskap – Oktober 2022

Die Voorsitter van die Bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN skryf soos volg: Ons betuig graag ons innige meegevoel teenoor die De Villiers-, Bester- en Cornelius-families wat geliefdes aan die dood afgestaan het.

Recently there was talk of clique forming in our village, perhaps justifiably so. However, when residents were recently invited to a meet-and-greet function, only 22 turned up. I wondered what the reason for the poor turnout could be.

Eerstens was daar inwoners wat met vakansie, siek, hartseer was en mobiliteitsprobleme gehad het. Tweedens het die uitnodiging sommige inwoners nie bereik nie omdat hulle hulle aan die oord se WhatsApp-groep onttrek het. Derdens is daar sorgwekkende apatie by sommige inwoners te bespeur omdat hulle redeneer dat daar wel ander sal wees wat die wa deur die drif sal trek.

An invitation to attend a gathering with the purpose of getting to know each other, will soon be sent out to residents once again. I hope that you will be able to accept it.

Ek wil ten slotte sê dat ek dit as my plig en voorreg beskou om soms hulp aan my medemens te verleen. Indien ʼn inwoner se gesondheidstoestand egter dermate verswak dat hy/sy ʼn risiko, verleentheid of oorlas vir ander inwoners skep, is die bestuurskomitee ingevolge par. 2.2 van ons gedragsreëls geregtig om te vereis dat hy/sy na ʼn gepaste fasiliteit gaan waar hy/sy die nodige sorg kan ontvang.

No comments:

Post a Comment