Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 4 October 2022

Oord verwelkom Steph en Thea Maré


Steph (72) en Thea Maré (69), wat onlangs hul intrek in E78 geneem het, is Bosvelders in hart en niere. Hulle het na 25 jaar vanaf Pretoria teruggekeer na húl wêreld nadat hulle verskeie aftreeopsies in Pretoria, Mookgopong en Modimolle oorweeg het. Hulle is in hul noppies met hulle uiteindelike keuse. Volgens hulle vertoon die oord se terrein pragtig, hul eenheid is gerieflik, ander inwoners is vriendelik en hulle voel veilig. Hulle sien daarna uit om by oordaktiwiteite in te skakel.

Thea is op Mokopane gebore, waar sy grootgeword en in 1971 aan die Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer het. Hierna was sy om die beurt ʼn bankamptenaar, werksaam by haar eie sakeonderneming, ʼn  tuisteskepper en het uiteindelik die boekhouding van Steph en hulle seun se konstruksieonderneming behartig.

Steph is op Tolwe gebore, dog beskou Wonderfontein as sy grootworddorp. Hy het in 1968 aan die Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer waarna hy hom aan die Suid-Afrikaanse Polisiekollege as ʼn geregsdienaar bekwaam het. Na ses jaar in die polisiediens het hy die sakewêreld betree en sy eie sakeondernemings bedryf totdat hy in 2017 afgetree het as die mede-eienaar van ʼn konstruksieonderneming.

Thea en Steph is 45 jaar gelede op Mokopane getroud. Hulle het twee kinders en vier kleinkinders.

No comments:

Post a Comment