Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 5 October 2022

Bome het ook name

Die aanplanting en versorging van die inheemse bome in Warmbad Renaissance was van meet af aan vir die bestuurskomitee en die meeste inwoners ʼn saak van erns. Terwyl ons oord in 1989/1990 in aanbou was, het die ontwikkelaar alles moontlik in die werk gestel om nie die inheemse bome op die terrein te beskadig nie.

Net soos ons, het alle bome name, vgl. worsboom,  blompeer, wildepruim, ens. Hulle is pragtige inheemse bome wat ons oord verfraai.

Op 27 Januarie 1993 het Gert Pretorius van die plaaslike dendrologiese vereniging die inheemse bome in ons oord geïdentifiseer en van naamplaatjies voorsien (foto onder).


Die botaniese name is universeel. Die populêre name verskil soms van streek tot streek. Sommige genusname het intussen ook verander, byvoorbeeld die Acacia genus het na Senegalia (foto’s onder) en Vachelia verander Hierbenewens moes die bome wat nog nie van naamplaatjies voorsien is nie, ook aandag kry. Alle inheemse bome, maar ook ’n paar mooi uitheemse bome, is van naamplaatjies voorsien.



Gertie Oosthuizen van die dendrologiese vereniging, het goedgunstiglik kom help om bome te identifiseer. Sy het 72 naamplaatjies teen R10 elk aangebring (foto onder). Gertie het nog ʼn paar plaatjies wat sy ekstra gehad het, aan die oord geskenk. Bome wat nuut aangeplant is, soos byvoorbeeld die wit-stinkhout en  karee wat Piet Combrinck vroeër op die grasperk voor die administrasiekantoor aangeplant het, is eweneens van naamplaatjies voorsien.


Ten slotte: ons het
ʼn aantal seldsame bome in ons oord. Die  bosveld-saffraan wat naby E116 groei is een hiervan. Hierdie boom word ernstig in sy natuurlike omgewing bedreig en mag nie beskadig word nie. Die alombekende maroela is nog een, so ook die kremetartboom wat by E123 aangeplant is. Die poerabessie voor E119 is nie alombekend nie, waarskynlik omdat dit eintlik ʼ
n tropiese plant is wat selde in Suid-Afrika aangetref word. 

No comments:

Post a Comment