Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 4 January 2022

Voorsitter se boodskap - Januarie 2022

Die Voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, skryf: As begenadigde inwoners is ons bevoorreg om ons oord in 2022 tot eer van God te bestuur. Die bestuurskomitee onderneem derhalwe om diensbaar te wees en doen `n beroep op alle inwoners om eweneens ̓n bydrae te lewer.

Water conservation and the reduction of the effects of load shedding on everybody’s life, are great challenges.  The Management Committee will focus on (a) continued, affordable water provision for each unit; (b) investigating energy saving practices; (c) the maintenance of effective security; (d) the improvement of gardening and maintenance services.

Selfdissipline t.o.v huishoudelike gebruike kan bydra tot verminderde KVA-verbruik en kragrekenings. Inwoners word aangeraai om alle elektriese toerusting tydens kragonderbrekings af te skakel, behalwe ̓n lig wat as aanduiding kan dien dat beurtkrag verby is. Moenie alle toestelle gelyktydig aanskakel nie. Dit verhoog KVA-verbruik. Skakel toestelle, bv. die geiser en stoof wat nie onmiddellik benodig word nie, later aan.

The Management Committee appeals to residents to contribute to discussions at meetings of experts groups in order to make certain that well-considered resolutions are passed.

Die vesel-internetkabels is geïnstalleer. Tree met Herotel (015 297 3816) in verbinding om `n pakket te beding wat aan u behoeftes voldoen.

In closing, we hope that social activities will fully resume this year. Social interaction undoubtedly promotes a feeling of togetherness in our village.

No comments:

Post a Comment