Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 30 August 2020

Oord verwelkom Willie en Petro du Plessis

Willie en Petro du Plessis
Willie en Petro du Plessis het meer as veertig jaar lank op Fourways gewoon voordat hulle besluit het om hulle ruim huis te verkoop en ʼn kleiner woning aan te skaf. Hulle het verskeie opsies oorweeg voordat hulle besluit het om E17 in ons oord te koop en hierheen te verhuis.

Willie (68) is ʼn gebore en getoë Johannesburger. Hy het in 1969 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar gematrikuleer waar hy o.a. die kadetorkes se tamboermajoor was. Hierna het hy die Nasionale Diploma vir Tegnici aan die Wits Technikon verwerf.

Hy het vervolgens verskeie poste as ʼn siviele ingenieurstegnikus beklee voordat hy sy eie onderneming begin het.

Petro (67) is op Oudtshoorn gebore en het in Levubu grootgeword. In 1970 het sy aan die Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Hierna het sy die THOD aan die Normaalkollege Pretoria verwerf. Sy was voorts jare lank ʼn junior primêre onderwyseres.

Willie en Petro is in 1980 getroud. Hulle het drie dogters en drie kleinkinders. Al die kinders woon in die buiteland

No comments:

Post a Comment