Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 28 August 2020

Oord verwelkom Susan Visagie

Susan Visagie

Susan Visagie is 76 jaar gelede in Brakpan gebore. Sy het egter op Lydenburg grootgeword waar sy in 1962 aan die Hoërskool Lydenburg gematrikuleer het. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy ‘n sekretariële pos by die Suid-Afrikaanse Weermag in Pretoria aanvaar.

Kort voor lank het sy en Andrew vir mekaar begin ogies maak. Hulle is in 1964 in Pretoria getroud. Twee seuns en een kleinkind is uit hulle huwelik gebore.

Susan en Andrew het jare lank op Bela-Bela gewoon. Toe hy haar in Junie ontval, was dit feitlik ʼn gegewe dat sy na ons oord sou verhuis. Sy het onlangs haar intrek in E32 geneem.

Tot dusver geniet sy haar verblyf in ons oord. Haar eenheid is gerieflik, die inwoners is vriendelik en sy ervaar die veiligheidsmaatreëls wat deur die oord gehandhaaf word, as gerusstellend.

No comments:

Post a Comment