Alhoewel die funksies nie ʼn winsoogmerk het nie, gebeur dit soms dat ʼn klein wins wél opgelewer word. Oor die jare heen het dit die sosiale aksie-portefeulje
in staat gestel om ʼn bederfie of wat ten bate van die oord en inwoners aan te
skaf.
Onlangs het die sosiale aksie-portefeulje besluit om
hortjiesblindings in die Nes te laat aanbring om aan te sluit by die deftige
gordyne wat hulle in 2019 geskenk het. Hierbenewens het hulle voorheen ʼn spoggerige nuwe stoof en yskas aan die oord geskenk.
Welgedaan, sosiale aksie-dames. Só lewer julle ʼn teenprestasie teenoor ons inwoners wat julle
funksies so getrou ondersteun.
Op die foto hieronder staan die sameroeper van die sosiale
aksie-portefeulje, Edna Cornelius, by een van die hortjiesblindings.
No comments:
Post a Comment