Die bestuurskomitee het op sy vergadering van
30 Januarie 2020 besluit om Philip van den Berg (E34) te benoem as die
projekleier om aan die
probleem aandag te skenk. Philip is ʼn gerespekteerde omgewingskundige. Gegewe
die beskikbaarheid van die nodige fondse, is die bestuurskomitee vol vertroue
dat hy en sy span die skade mettertyd sal herstel.
Die eerste fase van die herstelproses, die
opgradering van die vierkant voor die administrasiegebou, is pas afgehandel.
Philip is vol lof vir inwoners wat meer plante
aangedra het as wat hy kon gebruik. Hierbenewens het tuinliefhebbers telkens
hulle hulp en kundigheid aangebied.
Die volgende fase sal eersdaags aandag geniet.
Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die werksaamhede van die eerste fase van die herstelproses.
Philip (regs) en sy assistent, Moses Mbaya |
Werk aan die projek neem 'n aanvang |
Anne Sadler was 'n vrywillige helper |
Só lyk dit nou |
No comments:
Post a Comment