Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 5 November 2019

Oord verwelkom Hans en Ann Harmse

Hans en Ann Harmse
Hans (72) en Ann Harmse (68) het onlangs vanaf Mbombela (voorheen Nelspruit) na ons oord verhuis en hulle intrek in E24 geneem. Hans se oom en tante, wyle Ampie en Isabel Hattingh, was die eerste inwoners van ons oord en het geen geringe rol in hulle verhuising hierheen gespeel nie.

Hans is op Groot-Marico gebore en het op ʼn plaas grootgeword wat later ʼn gedeelte van die Madikwe-wildreservaat geword het. Nadat hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Rustenburg voltooi het, het hy ʼn loopbaan in die mynbedryf gevolg. Hy het hom mettertyd as ʼn mynkaptein bekwaam.

Ann is op Randfontein gebore en het op die plaas Boekenhoutsfontein grootgeword. Dié plaas het vroeër aan oudpresident Paul Kruger van die ZAR behoort. Trouens, sy is ʼn direkte afstammeling van die oud-president. Sy het haar skoolloopbaan in 1969 aan die Hoërskool Bergsig op Rustenburg voltooi.

Terwyl hulle op Welkom gewoon het, het Ann jare lank die pos as luggehalte-analis by ʼn plaaslike goudmyn beklee. Hierbenewens het sy ʼn kwalifikasie in rekenaarstudie aan die plaaslike tegniese kollege behaal.

Hans en Ann vier later vanjaar hulle vyftigste huweliksherdenking. Hulle het twee seuns en drie kleinkinders.

No comments:

Post a Comment