Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 2 November 2019

Oord verwelkom Gerrie en Carol van der Westhuizen


Gerrie (77) en Carol (73) van der Westhuizen het voorheen in Zimbabwe en Nieu-Seeland gewoon voordat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het. Hulle het onlangs hulle intrek in E17 geneem nadat hulle lank op Alberton gewoon het.

Gerrie is in Johannesburg gebore en getoë. Hy het sy skoolloopbaan in 1958 aan die Hoërskool Fakkel afgesluit. In 1962 het hy ʼn vakleerlingskap as ʼn ketelmaker voltooi en was vervolgens in die voormalige Rhodesië by ʼn familielid se sakeonderneming wat swaar nywerheidstoerusting vervaardig het, werksaam. Dié onderneming het later sy werksaamhede op Alberton voortgesit. Gerrie het in 2013 afgetree.

Carol is eweneens in Johannesburg gebore. Soos haar suster, Ann Harmse (E24), het sy op die plaas Boekenhoutsfontein grootgeword en is ʼn direkte afstammeling van ʼn voormalige eienaar van die plaas, oud-president Paul Kruger van die ZAR. Sy het haar skoolloopbaan in 1964 aan die Hoër Handelskool Rustenburg voltooi en het daarna as ʼn sekretaresse by verskeie werkgewers gewerk.

Gerrie en Carol is reeds vyftig jaar getroud. Hulle het drie kinders en vyf kleinkinders.

No comments:

Post a Comment