Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 25 June 2019

Oefengroep vier tweede bestaansjaar

Ons oefengroep onder leiding van Rina Steynberg, was op 5 Junie 2019 twee jaar oud. Om die geleentheid te vier is ʼn glasie sjerrie geklink.

Die doel van dié aktiwiteit is om inwoners te help om hulle lywe soepel te hou deur middel van liggaamlike oefeninge wat spesiaal vir die ouer garde ontwikkel is.

Hierbenewens plaas deelnemers gereeld ʼn geldjie ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in ʼn boksie.  Die bedrag wat in 2018/2019 bygedra is, beloop R8 474. Die afgelope twee jaar het die groep die stewige bedrag van R14 241 aan KANSA geskenk.

Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die gebeure op 5 Junie.

"Trek die magies in ... Knyp die boudies vas ... "
Die oefengroep swoeg en sweet o.l.v. Rina  Steynberg (E105). Hierbo sny sy die verjaardagkoek wat Lienkie Ellis (E138) vir die geleentheid gebak het
Die oefengroep klink 'n glasie sjerrie om die geleentheid te vier
Die boksie waarin die lede van die oefengroep sedert sy ontstaan  R14 241 ten bate bate die Kankervereniging van Suid-Afrika geplaas het

No comments:

Post a Comment