Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 24 April 2019

Oord verwelkom Johan en Adri Nel

Johan en Adri Nel (E6) het van vriende op Settlers verneem van ons oord. Hulle het kom ondersoek instel en gevind waarna hulle gesoek het: ʼn gerieflike wooneenheid in ʼn goedversorgde en veilige aftreeoord waar die vriendelike inwoners vir mekaar omgee.

Nuwe inwoners Johan en Adri Nel
Adri (74) is in Bloemfontein gebore, maar het op haar se ouers se plaas in Vaalwater grootgeword. Nadat sy in 1962 aan die Hoërskool Nylstroom gematrikuleer het, het sy ʼn bankamptenaar geword.

Johan is 75 jaar gelede in Brakpan gebore waarna hy saam met sy ouers na Rusape in die oostelike deel van die voormalige Suid-Rhodesië getrek het. Hy het sy eerste skooljare aan die Bothashofskool in Salisbury deurgebring voordat hy in 1961 matriek aan die Hoërskool Pietersburg behaal het. Hierna was hy ʼn tabakboer op Vaalwater voordat hy sy plaas in 2000 verkoop het en tot sowat vyf jaar gelede ʼn boukonstruksiesaak op Lephalale bedryf het.

Johan en Adri het mekaar op Vaalwater ontmoet, verlief geraak en 53 jaar gelede getrou. Hulle het 4 kinders en 4 kleinkinders.


No comments:

Post a Comment