Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 26 March 2019

Ons verwelkom Basie Hattingh

Basie Hattingh

Basie Hattingh (59) woon reeds sowat twintig jaar lank in Bela-Bela. Hy het egter redelik onlangs besluit om ʼn leefstylverandering te maak, sy huis in Seringstraat te verkoop en ʼn woonplekkie in ons oord te huur.

Hy woon lekker hier, sê hy. Sy eenheid is gerieflik en die oord is rustig en veilig.

Basie is in Bethlehem gebore en getoë. Nadat hy in 1977 aan die Hoërskool Witteberg gematrikuleer het, het hy ʼn ruk lank geboer. Hy bemark egter reeds die afgelope 35 jaar dieregesondheidprodukte vanuit sy kantoor in Pretoria. Hy is tans as ʼn senior bestuurder werksaam by die Ascendis Animal Health-maatskappy. Hy moet die land deurreis in belang van sy werk ook buite die landsgrense, Afrika in.

Hy het twee volwasse seuns en ʼn dogter.

No comments:

Post a Comment