Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 23 March 2019

Nuwe gordyne vir die Nes

Die oord se sosiale aksie het onlangs die helfte van die koste van nuwe gordyne vir die Nes bygedra. Die onderstaande foto’s vertel die verhaal.


Die ou gordyne

Lede van die sosiale aksie sit 'n handjie by. Van links na regs verskyn Elize Yeo, Bets Cilliers, Rita Vosloo, Anne Sadler, Edna Cornelius, Linkie Ellis en Annetjie van Rooyen. Annetjie het die gordyne gemaak

Selfs die manne het 'n bydrae gelewer. Hier hang Gerhard van Rooyen die gordyne terwyl Barry Vosloo hom met raad en daad bystaan

Die nuwe gordyne vertoon sommer spoggerig

No comments:

Post a Comment