Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 26 November 2018

Twee susters en hul broer

Twee susters en hul broer het onlangs hulle intrek in E26 geneem, te wete Joey Moolman (81), Barbara Green (74) en Kobus Fourie (75).

Kobus Fourie (agter), Joey Moolman (links voor) en Barbara (regs voor)
Al drie is in Sundra gebore en het in die voormalige Oos-Transvaal grootgeword.

Joey het in 1956 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit voltooi. Daarna het sy ʼn staatsamptenaar geword voordat sy in 1960 met Kokkie van Rensburg getroud is. Kokkie was ʼn saaiboer naby Oranjeville. Hulle het 3 kinders en 9 kleinkinders voortgebring. Kokkie is in 1997 oorlede. Joey is toe weer in 2007 met Gertjie Moolman getroud. Hy is in 2011 oorlede.

Barbara het haar skoolloopbaan in 1962 aan die Hoërmeisieskool Hugenote op Springs voltooi. Sy het vervolgens ʼn algemene kantoorwerker geword. Later het sy ʼn motorver-koeleronderneming bestuur. Sy en haar wederhelf, Ernest, is in 1982 getroud. Uit hulle huwelik is 3 kinders, 8 kleinkinders gebore. Ernest is in 2017 oorlede.

Kobus het sy skoolloopbaan in 1960 aan die die Hoërskool Erasmus op Springs voltooi. Nadat hy in 1964 as ʼn motorwerktuigkundige gekwalifiseer het, het hy hom in die sakewêreld begewe. Sy eggenote, Dollie, het hom in 2018 ontval. Hulle huwelik is met 3 kinders en 4 kleinkinders geseën.

In antwoord op ons vraag waarom hulle juis ons oord gekies het om hulle oudag te slyt, was hulle dit met mekaar eens dat hulle neef, Piet van Rensburg (E90), ʼn deurslaggewende invloed op hulle keuse uitgeoefen het. Hulle was nog nie een oomblik spyt dat hulle Piet se raad gevolg het nie, want hulle wooneenheid is gerieflik, die oord is rustig en veilig, en die inwoners is vriendelik.


No comments:

Post a Comment