Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 19 August 2018

Oord in perspektief

Gerhard van Rooyen, die voorsitter van die bestuurskomitee
Die voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, het onlangs in sy maandelikse boodskap aan die inwoners daarop gewys dat ons oord nie ʼn meenthuiskompleks is nie, maar ʼn sekuriteitsaftreeoord wat ingevolge die Wet op behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone, asook die Wet op Deeltitelskemas, bedryf word.

Dié boodskap verskyn in die September-uitgawe van die oord se maandelikse nuusbrief, Kwêvoël.

Die gemelde wetgewing vereis, onder andere, die opstel van gedragsreëls wat op inwoners en hulle besoekers van toepassing is.

Alle inwoners moet oor ʼn afskrif van die gedragsreëls beskik. Dit is by die oord se administratiewe beampte verkrygbaar.

“Dit sal miskien raadsaam wees indien u net weer deur die inhoud van ons gedragsreëls gaan om u geheue te verfris,” het Van Rooyen aan die hand gedoen. 

No comments:

Post a Comment