Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 5 June 2018

Oord se liggaamsoefeninggroep vier eerste verjaardag


Ons LO-groep onder leiding van Rina Steynberg (E105), was op 5 Junie een jaar oud.

Die doel van dié aktiwiteit is om inwoners te help om hulle stram lywe soepel te probeer hou deur middel van liggaamsoefeninge wat spesiaal vir die ouer garde ontwikkel is.

Kliphard aan't oefen
Hierbenewens plaas deelnemers gereeld ʼn geldjie ten bate van CANSA (die Cancer Association of South Africa) in ʼn boksie.  Só ploeg hulle uit dankbaarheid iets terug, enersyds vir CANSA se uitmuntende bydrae tot die gemeenskap en andersyds uit dankbaarheid dat hulle nog soos jonger mense kan bokspring!

Die geldboksie
Op die eerste foto hieronder blaas Rina die kersie op die koek dood om die verjaardagviering met koffie en beskuit in te lui. Op die tweede foto oorhandig sy die jaar se opbrengs van R5 767.30 aan Ansie van Heerden. Ansie is die gemeenskapsmobiliseerder (Community Mobiliser) van CANSA se Waterberg-streekkantoor op Modimolle.



No comments:

Post a Comment