|
Rosa en Ersnt Kruger |
Ernst (78) en
Rosa (72) Kruger het onlangs vanaf Krugersdorp hierheen verhuis op aanbeveling van
hulle dogter, Anita Swart. Anita werk as ʼn ontvangsdame by die mediese praktyk
van drs. De Villiers en Grobler op die dorp.
Dié innemende
egpaar is baie ingenome dat hulle hul dogter se raad gevolg het. Hulle sê hul
wooneenheid is gerieflik en hulle voel veilig in ons oord.
Ernst is op Kugersdorp
gebore en getoë. Hy het sy skoolopleiding aan die Hoër Tegniese Skool
Randfontein voltooi. Hierna het hy ʼn vakleerlingskap in pas- en draaiwerk by
die Randfontein Estates-goudmyn gevolg en na aflegging van sy vaktoets, by
Amalgamated Packaging Industries in diens getree. Later het hy by Nola
Industries gewerk waar hy in 1990 as ʼn voorman afgetree het.
Rosa is op
Randfontein gebore waar sy grootgeword het. Sy het haar skoolloopbaan aan die
Hoërskool Riebeeckrand voltooi waar dr. Connie Mulder, wat later ʼn Nasionale Party-kabinetsminister
geword het, een van haar onderwysers was.
Ernst en Rosa
is 53 jaar gelede op Krugersdorp getroud. Hulle het een dogter, twee
kleindogters en vyf agterkleinkinders.