Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday, 19 April 2018

Nuwe inwoners Ernst en Rosa Kruger

Rosa en Ersnt Kruger

Ernst (78) en Rosa (72) Kruger het onlangs vanaf Krugersdorp hierheen verhuis op aanbeveling van hulle dogter, Anita Swart. Anita werk as ʼn ontvangsdame by die mediese praktyk van drs. De Villiers en Grobler op die dorp.

Dié innemende egpaar is baie ingenome dat hulle hul dogter se raad gevolg het. Hulle sê hul wooneenheid is gerieflik en hulle voel veilig in ons oord.

Ernst is op Kugersdorp gebore en getoë. Hy het sy skoolopleiding aan die Hoër Tegniese Skool Randfontein voltooi. Hierna het hy ʼn vakleerlingskap in pas- en draaiwerk by die Randfontein Estates-goudmyn gevolg en na aflegging van sy vaktoets, by Amalgamated Packaging Industries in diens getree. Later het hy by Nola Industries gewerk waar hy in 1990 as ʼn voorman afgetree het.

Rosa is op Randfontein gebore waar sy grootgeword het. Sy het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Riebeeckrand voltooi waar dr. Connie Mulder, wat later ʼn Nasionale Party-kabinetsminister geword het, een van haar onderwysers was.

Ernst en Rosa is 53 jaar gelede op Krugersdorp getroud. Hulle het een dogter, twee kleindogters en vyf agterkleinkinders.

No comments:

Post a Comment