Helena en Nico Haarhoff |
Nico
is in Cradock gebore en het die Uitenhage Tegniese Hoërskool (tans die Hoër Tegniese Skool Daniël Pienaar) bygewoon waar hy
in 1959 matriek behaal het. Hierna het hy in 1962 ‘n vakleerlingskap in
motorwerktuigkunde suksesvol voltooi.
Nico sê dat sy beroepslewe twee hoogtepunte
ingesluit het. Hy was aanvanklik ‘n geruime tyd lank ‘n onderwyser aan die
Bloemfonteinse Tegniese Hoërskool (tans die Hoër Tegniese Skool Louis Botha). Daarna het hy by
die Suid-Afrikaanse weermag in Bloemfontein aangesluit. Hy het met die rang van
AO1 afgetree nadat hy lank in beheer was van die beplanningskantoor van die
Kommandement Oranje-Vrystaat se tegniese werkplaas.
Helena is in Graaff-Reinet gebore. Sy
het in 1967 matriek aan die Hoërskool Hartswater behaal. Nadat sy haar
skoolopleiding voltooi het, het sy ‘n haarkapster geword.
Nico en Helena het in die Welgedacht-aftreeoord
in Bloemfontein ontmoet en is in 2007 getroud. Albei was voorheen getroud.
No comments:
Post a Comment